Libertalia

Libertalia of Libertatia was ’n vermoedelik fiktiewe onafhanklike staat wat aan die einde van die 17de eeu deur seerowers gestig sou gewees het. Of dit werklik bestaan het, is onseker.

Die bestaan van Libertalia word beskryf in die boek A General History of the Pyrates deur kaptein Charles Johnson, ’n andersins onbekende persoon wat volgens sommige dalk ’n skuilnaam van Daniel Defoe was. Die boek bevat ’n mengsel van feite en fiksie en dit is moontlik dat die bestaan van Libertalia versin is. Dit is glo gestig deur die seerowers Thomas Tew en Olivier Misson en die Italiaanse priester Caraccioli.

Die ligging van Île Sainte-Marie, waar Libertalia moontlik geleë was.

Libertalia sou in die noorde of noordooste van Madagaskar gelê het. Die presiese ligging en omvang is nie bekend nie, hoewel die meeste bronne meld dat dit van die Baai van Antongil tot by Mananjary gestrek het. Die eilande Île Sainte-Marie en Foulpointe sou onder meer deel van Libertala gewees het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search